South African Flag
Rich DeVos and Eric & Patty Scheibeler

VOORMALIGE ‘EMERALD’ SAAM MET DIE STIGTER VAN AMWAY RICH DE VOS

Amway – Die Amerikaanse Bedrog

My naam is Eric Scheibeler.  Deur die lees van die artikel voel ek ons het baie in gemeen.  Ek is gewerf deur Amway in Amerika, en het meer as ’n dekade bestee om ’n Amway besigheid op te bou tot by die vlak van ‘Emerald’ in die maatskappy.  Die integriteit van die promotors is onberispelik, die besigheids beginsels korrek.  Ek het baie persoonlike tyd saam met Rich de Vos gespandeer, en het direk saam met die huidige ‘IBOAI’ president en dubbele ‘Diamond’ Fred Harteis gewerk.  Tydens hierdie tydperk het ek as ’n voormalige ouditeur, ongelukkig op ’n massiewe gebruikers bedrog spul afgekom in die Amway maatskappy, wat ek sorgvuldig gedokumenteer het.  Ek, sowel as my gesin het doods dreigemente ontvang, maar ek sal my nie laat intemideer tot stilte nie.  Anders as u en die wat u gewerf het, maak ek of verloor ek nie geld deur u besluite nie, maar ongelukkig loop u die risiko om wel groot te verloor.  Daarom versoek ek u om assebliefdie onderstaande te lees en ’n ingeligte verantwoordelike besluit te kan neem vir uself en u familie.

Die ‘Amway Scam’ staan bekend as multipel vlak bemarking (‘multi-level-marketing(MLM)* of  somtyds ‘netwerk bemarking’.  Dit word uitgebasuin as die ‘geleentheid van ’n leeftyd’ om jou eie besigheid vanaf die huis te bedryf.  Die ware feite is egter dat dit groot finansiële verliese, vermorsing van kosbare tyd, geruïneerde beroepe, bankrotskap en gebroke families regoor die wêreld veroorsaak.  Die ware wyse waarop besigheid gedoen word, en die skokkende finansiële resultate word op ’n ongelooflike slinkse wyse weggesteek vir die betrokkes.

Multipel vlak bemarking is tegnies gesproke wettig in die meeste lande, maar die grootste maatskappy van die soort – die bemarkers van Amway, en affiliale naamlik Quixtar, A2K, Amvio en andere bestuur dit so dat 99%, van alle gewerfde lede wat gewerf is om te belê in die maatskappye, finansieel gaan verloor.  Hiervolgens moet alle ‘MLMs’ soos Amway/Quixtar beskou word as gebruikers bedrog en nie as geleenthede nie.  Geen maatskappy is wettig wat mense oorreed om in hulle te belê, maar op die einde verloor 99% hulle geld.

‘Misleiding’ word gedurig gebruik om mense te oorreed om by ‘n program aan te sluit, waar almal aan die einde van die dag hulle geld gaan verloor,  daarom kan dit nie beskou word as ‘n regte besigheid nie, maar wel vir wat dit is, naamlik ’n fyn beplande en uitgewerkte piramide skema.  Dit werk as volg:

Vyf  slenters

Die vyf slenters wat gebruik word om gebruikers in Amway in te lok:

Slenter 1Baie geld kan verdien word deur bloot die produkte aan familie, vriende en bure te verkoop.

Die bemarkers van Amway en die meeste ‘MLM’ maatskappye, verkondig dat die ‘grootste besigheidsgeleentheid’ die verkoop van die produk self is.  Elke verkoops persoon/verspreider/belegger/slagoffer word oortuig dat hy of sy, ‘n ‘onafhanklike besigheids eienaar’ (OBE) gaan word, wat die produkte teen groothandel pryse vanaf Amway/Quixtar aanskaf, en om ’n inkomste te verdien dit dan teen ’n wins te verkoop aan familie, vriende en hulle bure.

Ongelukkig is dit ’n valse illusie wat geskep word, niemand maak regtig ’n wins uit die aankoop en verkoop van die produkte aan die publiek nie.  Hoekom?  Die produkte is ongelooflik duur.  Daar is baie soortlyke en goedkoper produkte beskikbaar in die winkels.

Slenter 2:   Bonusse word verdien vir al die produkte wat verkoop word aan familie, vriende en bure wat gewerf word.

So, hoe gaan die skema voort as almal teen ’n wins die produkte verkoop aan kliënte?  Dit is waar die volgende fase van misleiding begin.  Promotors oortuig die nuwe OBE’s, dat hulle deur die werwing van nog nuwe verkoops persone meer geld kan verdien.  Elke verkoops persoon word ’n bonus belowe, deur die aankope vanaf die nuwe lede.  Addisionele bonusse kan verdien word wanneer jou gewerfde lede, lede van hulle eie begin werf ensovoorts.  Elke persoon gaan geld maak deur die verkope van produkte deur die verskillende vlakke, van die besigheid deur die OBE’s en hulle gewerfde lede.

Alhoewel dit amper onmoontlik vir enige iemand is om ’n wins te maak deur die verkope van die produkte, word elkeen ernstig versoek om nuwe lede te werf vir die besigheid.  OBE’s word oor en oor aangesê om 100% lojaal teenoor hulle eie besigheid te wees, en word geïndoktrineer om produkte te gebruik wat ongelooflik duur is, en wat hulle normaalweg nie sou aankoop nie.  Om produkte by jouself te koop is definitief nie ’n besigheid nie.

Nuwelinge word vertel dat die eintlike groot geld verdien word, deur nog nuwe lede soos hulle self te werf.  Daardeur gaan hulle inkomste verdubbeld.  Byvoorbeeld:  As hulle ses nuwe lede werf, waarvan elkeen net 4 ander lede werf  het die persoon bo-aan 30 lede in totaal, die persoon bo-aan gaan ’n bonus verwerf vir elke aankoop wat gemaak word deur nuwe gewerfde lede.  Die syfers stop  nie daar nie en kan aangaan tot in ewigheid,  of so word jy vertel.  Die 24 nuwe lede kan nog 144 nuwe lede werf en so kan dit aangaan en aangaan .....  Deur die werwing van nuwe en nog meer nuwe lede gaan hulle geld maak, nie deur die kleinhandel verkope van produkte nie.

Die illusie wat geskep word dat ‘n wins gemaak word uit die verkope van Amway produkte aan vriende, familie en bure, is net so vals soos die belofte dat jy ’n groot aantal lede onder jou kan werf (downline)*.  Onthou dat slegs ’n baie klein aantal lede bo-aan kan wees waar die groot bonusse uit betaal word, en al die ander lede onder hulle (downline’s)* besig is om hulle geld te verloor.

Daar is ’n tweede gedeelte in die vangkans.  Verkoops persone word gevra om eers hulle 100PV van produk aankope te voltooi, om te kan kwalifiseer vir hulle bonusse wat ontvang word, op die aankope van die eindelose string nuwe lede onder hulle (downline’s)*.  PV of te wel punte hoeveelheid (‘point value’)* is ’n volume nommer wat of aangekoop of verkoop moet word om te kan kwalifiseer vir ’n bonus elke maand.   Daarom sal die meeste mense aanhou om duur Amway produkte te koop, terwyl hulle maand na maand probeer om nuwe lede te werf vir hulle besigheid.  Die aanvanklike belegging groei maandeliks en hulle bly in die besigheid.  Al wat in werklikheid groei is verliese.

Slenter 3:  Hoe hoër jy op beweeg in die maatskappy, hoe meer geld maak jy.

Amway en ander skemas van hierdie aard gebruik ’n gekompliseerde betalings wyse.  Daar is regtig min mense wat werklik verstaan hoe die gekompliseerde manier van betaling werk.  Hoe hoër jy in die skema op beweeg, hoe meer geld is jy veronderstel om te verdien.  Om te kan kwalifiseer vir die hoër bonus vlakke van ‘n 1 000, 2 500,

4 000 en 7 500 punte, moet ’n sekere aantal nuwe lede gewerf word, en ook sekere hoeveelhede van aankope bereik word.  Daarvolgens koop baie mense al hoe meer produkte sodat hulle die hoër hoeveelhede kan bereik.  Menige vorige verspreiders vertel dat hulle hope Amway Queen kookware, stofsuiers, kosmetiese ware en kaste vol vitamiene in hulle besit het.  Daardeur bereik hulle die volgende bonus vlak, en word met ’n groot geskal by seminare oor die verhoog gelei as suksesvolle leiers.  Ongelukkig oorskry die uitgawes die winste wat verdien word.  Nog bykomende verliese. 

Slenter 4:  Om suksesvol te kan wees is opleiding en motivering belangrik, so ook om gehoorsaam te wees, en te luister na die mense wat alreeds sukses behaal het in die program.

Weer eens word multipel vlak bedrog aangemoedig.   Opleiding, seminare asook boeke en kasette is ongelooflik duur, en alles dra by tot die opbouende verliese.  Die 99% verliese wat gelei word verander ongelukkig nog steeds nie.  Wat egter nog meer misleidend is, is die veronderstelling wat gemaak word dat die mense wat die seminare aanbied, en boeke verkoop ‘suksesvol’ is in die Amway/Quixtar besigheid.  Moet dit asseblief nie glo nie, hulle is nie suksesvol nie!  Die meeste van die geld wat hulle verdien is deur die verkope van boeke, kasette en seminare.  Hierdie boeke en seminare help glad nie lede om suksesvol te word nie.  Slegs die mense wat verkope doen word beloon.

Nuwe Amway/Quixtar OBE’s glo dat winste gemaak word uit die verkope van produkte aan regte kliënte.  Hulle vind egter gou uit dat daar geen winste gemaak word daardeur nie.  Dit is ’n feit dat minder as 20% van alle verkope van Amway/Quixtar produkte deur ‘regte’ kliënte gekoop word.  Die res word gekoop deur ‘verkoops persone’, en dit is direk teenstrydig met anti-piramide reëls en regulasies.

Dit is ook op hierdie stadium wat hulle aangemoedig word om meer geld te belê in opleiding, motiverings seminare, boeke en kasette.  Groot bedrae geld word gespandeer op reis onkostes na en van seminare.  Boeke en kasette word elke week aangekoop.  Nog steeds geen winste nie, net meer en meer verliese.  Dit is nog steeds ’n vrugtelose soeke na niks.  Om geld te probeer maak uit ander se verliese beteken dat net meer en meer lede gewerf moet word.  Hulle besef nog nie die realiteit dat meer as 50% van alle nuwe lede binne die eerste jaar bedank nie, en dat hulle tussen die volgendes gaan wees.

Slenter 5:  Die uiterste misleiding.  Dit is alleenlik jou eie skuld as jy nie sukses behaal nie.

Dit word duidelik aan elke nuwe lid gestel dat hierdie program die ‘beste besigheids geleentheid’ in die wêreld is.  Daar word gespog oor fantastiese eksotiese vakansies, asook die tentoonstelling van duur horlosies, juwele, karre en massiewe luukse huise deur die seminaar leiers.  Dit beweer hulle valslik, is moontlik gemaak deur die verkope van Amway produkte.  Kerklike leiers en prominente politikuste, word groot bedrae geld betaal om op te tree by die werwings vergaderings, en om hulle seëninge en ondersteuning uit te spreek.

En so, wanneer nuwe lede uiteindelik moed opgee en bedank, nadat hulle duisende rande of miskien tien duisende rande na maande of jare se moeite verloor, glo hulle wat almal vir hulle vertel het:  dit is hulle eie skuld.

Tien waarhede:

  • Ongeveer 99% van alle mense wat by Amway/Quixtar aansluit, verdien nooit ’n wins nie.  Die verliese is so groot dat hierdie gebruikers bedrog, nie ’n geldige ‘besigheids geleentheid’ genoem kan word nie.
  • Die promotors vertel nie die waarheid nie, en hulle mislei die mense om aan te sluit by ’n multipel vlak bemarking waar hulle alles gaan verloor. 
  • Basiese feite word deur die mense bo-aan (uplines)*  weggesteek vir nuwelinge, soos byvoorbeeld die ware kostes verbonde daaraan om die besigheid te bestuur, werklike bedankings/uitval syfers, en hoeveel van die bonusse hulle verseker gaan ontvang.  Hulle maak ook nie die werklike bron van inkomste bekend nie, wat uitsluitlik geïn word deur die verkope van die opleidings materiaal.
  • Baie min van Amway/Quixtar se produkte word werklik aan kliënte verkoop.  Die mense wat wel van die produkte koop en van gebruik maak, is die wat wil belê in ’n besigheids geleentheid.   Hiervolgens is daar nie direkte verkope aan ware kliënte nie, maar verkope van ’n oneerlike besigheids geleentheid.
  • Meer as 50% van alle nuwelinge bedank die skema binne die eerste jaar.  Om geld te probeer verdien deur nuwelinge te werf, is ongelukkig ’n koste effektiewe en langdurige proses.  Wanneer iemand probeer om mense onder hom te werf (downlines)*  trap hy alreeds op die onderste punt van iemand anders se groot ‘downline’.
  • Die klein aantal mense bo-aan die maatskappy verdien direk hulle geld uit die verliese van die pas aangestelde nuwe lede (beleggers).
  • Opleiding, motiverings seminare, boeke en kasette is ’n geheime besigheid wat deur die heel hoogste promotors in die skema behartig word.  Die aankoop van boeke en kassette waarborg nie ’n verhoogde sukses vir die besigheid nie, dit is net nog bykomende verliese.
  • Dit is nie noodwendig dat alle persone suksesvol is in die Amway/Quixtar besigheid, deur die verkope van boeke en kasette nie, hulle verdien eerder geld deur die verkoop van werwings materiaal.  Bewerings dat hulle suksesvol is en dat hulle besighede ’n groot besigheids geleentheid is, is vals.
  • Al hoe meer en meer mense word jaarliks deur die skema gewerf, waarvan baie van hulle bedank.  Daarvolgens kan die skema vir jare en jare aanhou met besigheid, voordat daar na ander areas uitgereik word vir die werwing van nuwe lede.
  • Die grootste rede waarom die regering van Amerika nie hierdie skemas ondersoek as misleidende en onregverdige praktyke nie, sowel as vir die beoefening van piramide skemas nie, is dat die huidige leiers van die skema groot bedrae geld skenk aan die politieke leiers tydens hulle verkiesings veldtogte.  Streng gesproke het hulle hulle vrywaring teen vervolging gekoop.  Mens kan egter nie omdat een multipel vlak besigheid (MLM)* soos Amway/Quixtar nog nie vervolg is nie, dit as wettig beskou nie.

Ondersoek beamptes en regerings agente poog om onderstoek in te stel na die Amway skema.

Feit:  Enige ‘besigheids geleentheid’ met ‘n 99% faal syfer is nie ’n besigheid nie.  Dit is bedrog.  Dit was bekend aan Amway dat hulle vir die afgelope 20 jaar nuwe lede gewerf het deur misleiding, bedrog en so die nuwelinge gelos het met verliese gelei. Slagoffers van oor die wêreld het my al gekontak met inligting oor verwoestende verliese wat hulle gelei het.  Bekom feite!  Het Amway ’n lys van verspreiders wat die afgelope twee jaar gewerf is bekend gestel?  Kies enige 100 na willekeur en bestudeer hulle belasting state, jy sal vind dat nagenoeg 100% verliese toon.

Feit:  Dit is teenstrydig met anti-piramide wetgewing dat ’n direk verkope besigheid, nie sy produkte direk aan ’n nie-verspreider eind gebruiker verkoop nie.  Dit is ’n produk gebaseerde piramide wat produk vloei gebruik, om die feit dat geld dood eenvouding van die nuwe verspreiders (downlines)* gevat word en gegee word aan die bo-aan (uplines)* te verbloem.  Deur ondervinding het ek gevind dat baie minder as 20% van alle produkte ooit verkoop word aan kliënte.

Feit:  Amway maak ’n groot bedrag van bonusse wat uitbetaal word aan verspreiders bekend, om te demonstreer dat hulle winsgewend is, en dat dit ’n wettige onderneming is.  Dit alles is ’n rookskerm, om die feit te verbloem dat almal nadat hulle ‘besigheids uitgawes’ betaal het, en ten duurste gebruikers produkte aangekoop het, geld verloor. Hiervolgens dreineer hulle werkkragte, talent en hulpmiddels van ’n nasie en word die opbrengs aan Amerikaanse miljoeners gestuur.

Feit:  Twintig jaar gelede was die senior bestuur van Amway al bewus van die kultus taktiek, wat gebruik word deur die verspreiders korps.  Die gebruike van kultus manipulasie taktieke is eg en baie gevaarlik.  Dit het amper my lewe gekos.  Dit is uiters tragies dat ek vier gerapporteerde gevalle van selfmoord onlangs ontvang het.  Mense kontak my daagliks van regoor die wêreld en vra vir hulp - hoe om iemand uit die Amway/Quixtar kultus te verlos.  Baie van die vorige verspreiders moes gaan vir behandeling by multipel kultus berading sentrums.  Mense wat my gekontak het en wat geraak is deur die kultus indoktrinasie strek oor die hele Europa, Kanada, Amerika en Australië, ek glo dat ander lande binnekort gaan volg.

Plan van aksie:

As u bedrieg en mislei voel, lê onmiddellik ’n formele klag.  Onthou egter dat ’n groep slagoffers wat verliese gelei het, meer verteenwoordigend kan wees daarom is dit noodsaaklik om andere wat u weet ook verliese gelei het te kontak.  Kontak die media dit is uiters belangrik.  Neem koerant verslaggewers en televisie joernaliste  saam na werwings vergaderings en opleidings sessies en vertel hulle jou storie.  Verwys hulle na my internet adres www.merchantsofdeception.com waar volledig gedokumenteerde inligting in Engels beskikbaar is rakende die bedrog.

Daar is ook ’n GRATIS boek bestaande uit 300 bladsye waarin elke aspek van die afgelope 20 jaar se geskiedenis, bedrog en kultus aktiwiteite bespreek en uitgewys word.  Ek is regtig jammer dat dit slegs in Engels beskikbaar is.  As ’n Amerikaner, bied ek my opregte verskoning  aan vir die sosiale en finansiële kanker wat versprei is na en deur julle land.

Vir jou my vriend, wens ek net die beste toe!

Eric Scheibeler

*Verwysings in engels – geen gedokumenteerde Afrikaanse woorde beskikbaar